Deuteronomy 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle vroue en julle kinders en julle vee, want ek weet dat julle baie vee het, sal in julle stede bly wat Ek julle gegee het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle vroue, kinders en julle baie diere mag agterbly in die stede wat ek aan julle gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net julle vroue en julle kinders en julle vee -- ek weet dat julle baie vee het -- kan in julle stede bly wat ek aan julle gegee het; |
| Afrikaans 1983 | Net julle vrouens en kinders en vee, en ek weet julle het baie vee, mag agterbly in die stede wat ek vir julle gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net julle vrouens, die swakkes onder julle en julle vee – ek weet dat julle baie vee het – mag in julle stede gaan bly wat ek vir julle gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Net julle vroue en kinders en diere mag hier in die stede bly wat ek vir julle gegee het, ek weet dat julle baie diere het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle vroue en kinders en die vee, waarvan julle baie het, kan maar solank in die Oos-Jordaanse gebied woon. |