Deuteronomy 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het julle in dié tyd bevel gegee en gesê: Die HERE julle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gedurende dié tyd het ek hierdie opdrag gegee aan die stamme wat aan die oostekant van die Jordaan sou bly: ‘Al het die Here julle God hierdie land vir julle as julle eiendom gegee, moet al julle weerbare mans die Jordaan gewapen en gereed oorsteek, voor julle mede-Israeliete uit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het ek in die tyd aan julle bevel gegee en gesê: Die HERE julle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem; gewapend moet julle voor jul broers, die kinders van Israel, oortrek -- al die dapper manne. |
| Afrikaans 1983 | “Ek het destyds vir die drie stamme gesê: Die Here julle God het hierdie land vir julle gegee as julle besitting. Maar julle gewapende manne, elke weerbare man, moet die Jordaan oorsteek voor julle volksgenote uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ek het julle in daardie tyd opdrag gegee en gesê, ‘Die Here julle God het nou wel vir julle hierdie land gegee om in besit te neem, maar al julle onverskrokke manne moet gewapend oortrek voor julle volksgenote, die Israeliete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het daardie tyd vir die mense van die Ruben-stam, die Gad-stam en die halwe Manasse-stam gesê: ‘Julle God die Here het hierdie land vir julle gegee om daar te gaan woon, maar al julle manne wat oorlog kan maak, moet deur die Jordaan-rivier gaan voor die ander Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe het ek vir die stamme aan die oostekant van die Jordaan gesê: ‘Die Here het julle hierdie wonderlike land aan die Oos-Jordaan gegee, maar gaan help nou eers julle broers om die Wes-Jordaan te oorwin. Stel ’n weermag saam en trek voor hulle deur die Jordaan. |