Deuteronomy 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die Rubeniete en die Gadiete het Ek die helfte van die dal gegee van Gílead af tot by die Arnonrivier, en die grens tot by die Jabbokrivier, wat die grens van die kinders van Ammon is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die gebied van Gilead af tot by die middel van die Arnonkloof en van daar na die Jabbokrivier op die grens van die Ammoniete vir die stamme Ruben en Gad gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar aan die Rubeniete en die Gadiete het ek van G¡lead af tot by die Arnonrivier gegee, die middel van die rivier, saam met sy oewerland, en tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die gebied van Gilead af tot in die middel van die Arnonbedding vir die stamme Ruben en Gad gegee. Hulle noordgrens was Jabbokspruit, die grens van die Ammoniete se land, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Vir die stamme van Ruben en Gad het ek die deel vanaf Gilead tot by die Arnondal gegee met die middel van die dal as grens; en tot aan die Jabbokdal, die grens van die Ammoniete; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en vir die Ruben-stam en die Gad-stam het ek die stuk land gegee van Gilead tot langs die middel van die Arnon-vallei, en ook die stuk land tot langs die Jabbok-vallei. Dit is die grens van die Ammoniete se land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir Ruben en Gad het ek die hele Gilead tot by die Arnonrivier gegee, asook die gebiede tot by die Jabbokrivier. Dit het tot aan die grens van die Ammoniete gestrek. |