Deuteronomy 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jaïr, die seun van Manasse, het die hele land Argob ingeneem tot by die gebied van Gesuri en Maägati; en hy het hulle na sy naam genoem, Basan-Havoth-Jair, tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Jair, ’n leier uit die stam van Manasse, het die hele Argobgebied in Basan tot by die grens van Gesur en Maäkat gevat. Jair het die gebied na homself vernoem en dit die Dorpe van Jair genoem soos wat dit vandag nog bekend is.)
Afrikaans 1933/1953 Ja‹r, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam Ja‹rsdorpe genoem tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Jaïr uit die nageslag van Manasse het die Argobstreek gevat tot by die grens van Gesur en Maäkat. Basan is toe na Jaïr vernoem, en dit staan nou nog bekend as die tentdorpe van Jaïr.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jaïr, 'n afstammeling van Manasse, het die hele landstreek van Argob tot by die grens van Gesur en Maäga gekry. Hy het die dorpe, ook Basan, na homself vernoem. Dit word vandag nog Gawwoot-Jaïr genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jaïr seun van Manasse het die hele land Argob gevat tot by die grens van die lande Gesur en Maäka. Hy het die naam van die land Basan verander, hy het sy eie naam vir die land gegee, en hy het dit die Jaïr-kampe genoem. Dit is nou nog die naam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jaïr die seun van Manasse, het die hele gebied van Argob tot aan die grens van Gesur en Maäkat vir hom geneem. En hy het al die plekke na homself vernoem. Vandag nog staan dit as Jaïrsdorpe bekend.