Deuteronomy 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die res van Gílead en die hele Basan, wat die koninkryk van Og was, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee; die hele landstreek Argob, met die hele Basan, wat die land van die reuse genoem is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die res van Gilead en die hele Basan — Og se voormalige koninkryk — het ek aan die halwe stam van Manasse gegee. (Die Argobgebied van Basan was voorheen bekend as die land van die Refaïete. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die orige deel van G¡lead saam met die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee -- die hele landstreek Argob. Daardie hele Basan word land van die Refa‹ete genoem. |
| Afrikaans 1983 | Die res van Gilead en die hele Basan, die vroeëre ryk van Og, het ek aan die halwe Manassestam gegee. Dit is die hele Argobgebied in Basan wat voorheen bekend was as die Refaïete se land. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die res van Gilead en die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek vir die halwe stam van Manasse gegee.” Die hele landstreek van Argob, eintlik daardie hele Basanstreek, is die land van die Refaïete genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander helfte van die Gilead-berge en die hele land Basan het ek gegee vir die halwe Manasse-stam. Basan was voorheen die land van Og. Dit was die hele land Argob, die hele stuk land van Basan wat hulle altyd Refaïete-land genoem het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die helfte van die stam van Manasse het ek die res van Gilead gegee, asook die hele Basan waar Og regeer het. Dit is die hele Argobstreek. Basan is ook soms Refaïeteland genoem. |