Deuteronomy 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie land wat ons destyds in besit geneem het, van Aroër af wat by die Arnonrivier is, en die halwe gebergte van Gílead en sy stede, het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Van die land wat ons verower het, het ek vir die stamme Ruben en Gad die gebied anderkant Aroër langs die Arnonkloof, asook die helfte van die bergwêreld van Gilead met sy stede, gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie land het ons in die tyd in besit geneem: van Aroër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte van G¡lead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee. |
| Afrikaans 1983 | “Ek het die gebied wat ons destyds verower het, van Aroër op die Arnonoewer af tot halfpad in die bergwêreld van Gilead en al die stede daarin, aan die stamme Ruben en Gad gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Hierdie hele gebied het ons in daardie tyd verower, van Aroër af, wat langs die Arnondal lê, tot in die helfte van die bergland van Gilead, met die stede daarin. Ek het dit vir die stamme van Ruben en Gad gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek het 'n stuk van die land wat ons in daardie tyd gevat het, vir die Ruben-stam en die Gad-stam gegee. Dit was die stuk land tussen die stad Aroër langs die Arnon-vallei tot by die helfte van die Gilead-berge en die stede daarin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nadat ons hierdie land ingeneem het, het ek dit begin verdeel. Vir Ruben en Gad het ek die hele gebied van Aroër naby die Arnonrivier af tot by sekere gedeeltes van die Gileadberge gegee. Dit het ook ’n aantal stede ingesluit. |