Deuteronomy 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want net Og, die koning van Basan, het oorgebly van die oorblyfsel van die reuse; kyk, sy ledikant was 'n ledikant van yster; is dit nie in Rabbat van die kinders van Ammon nie? nege el was sy lengte, en vier el sy breedte, volgens die el van 'n man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | (Koning Og van Basan was die laaste van die reuse Refaïete. Sy ysterbed was meer as vier meter lank en byna twee meter breed. Dit kan nog steeds in die Ammonitiese stad Rabba gesien word.)” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die Refa‹ete. Is sy ledekant, 'n ysterledekant, nie daar in Rabba van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle. |
| Afrikaans 1983 | Net koning Og van Basan het destyds nog van die Refaïete oorgebly. Sy bed was van yster. Dit was sowat vier meter lank en amper twee meter breed, en is nou nog te sien in Rabba van die Ammoniete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Og, die koning van Basan, was die laaste wat oorgebly het van die Refaïete. Sy slaapbank was sowaar van yster. Is dit nie nog steeds in Rabba, die hoofstad van die Ammoniete nie? Dit is nege el lank en vier el breed, volgens die gewone el. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Og van Basan was die enigste Refaïet wat nog gelewe het. 'n Mens kan sy bed nog sien in die stad Rabba van die Ammoniete. Dit is 'n ysterbed, dit is nege el lank en vier el breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | (Og die koning van Basan was die laaste van die Refaïete. Hy was ’n groot kêrel en sy bed was van yster gemaak: vier meter lank en twee meter breed. ’n Mens kan dit nou nog in Rabba, die hoofstad van die Ammoniete, sien.) |