Deuteronomy 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die stede van die Vlakte en die hele Gílead en die hele Basan, tot by Salga en Edrei, stede van die koninkryk van Og in Basan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het al die stede op die Hoogvlakte verower en ook die hele Gilead en Basan so ver as Salka en Edreï, stede wat deel was van Og se ryk in Basan.
Afrikaans 1933/1953 al die stede van die gelykveld en die hele G¡lead en die hele Basan tot by Salga en Edr,‹, stede van die koninkryk van Og in Basan.
Afrikaans 1983 Ons het ál die stede in die Hoogvlakte verower en die hele Gilead en Basan tot by Salka en Edreï, die stede en die ryk van Og in Basan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Dit sluit al die stede van die plato, van die hele Gilead en die hele Basan in, tot by Salga en Edreï – dit is die stede van die ryk van Og in Basan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het al die stede gevat wat op die Hoëveld was, en die hele land Gilead en die hele land Basan, tot by die stede Salka en Edreï. Dit was twee stede in die land Basan van koning Og.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het al die stede van koning Og van Basan oorwin. Dit is nou al daardie stede in die Hoogvlakte, die hele Gilead en die hele Basan tot by Salka en Edreï.