Deuteronomy 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ons omgedraai en opgetrek na Basan toe, en Og, die koning van Basan, het teen ons uitgetrek, hy en sy hele volk, om by Edreï te veg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarna het ons afgedraai na die land Basan toe. Daar het koning Og en sy leër ons by Edreï aangeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het ons weggedraai en op pad na Basan opgetrek; en Og, die koning van Basan, het uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Edr,‹. |
| Afrikaans 1983 | “Ons het weggedraai met die pad na Basan toe, en koning Og van Basan het met sy hele leër teen ons opgeruk om by Edreï teen ons te veg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ons het toe van koers verander en in die rigting van Basan opgetrek. Toe het Og, die koning van Basan, ons tegemoet getrek, hy en al sy manskappe, vir 'n geveg by Edreï. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Ons het verder gegaan, ons het op die pad na die land Basan gegaan. Koning Og van Basan en al sy manne het ons kom aanval. Die oorlog was by die stad Edreï. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe het ons in die rigting van Basan getrek. Koning Og van Basan en sy weermag het teen ons uitgetrek en ons by Edreï ingewag. |