Deuteronomy 29:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het jou veertig jaar lank in die woestyn gelei: jou klere het aan jou nie oud geword nie, en jou skoen het nie oud geword aan jou voet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir 40 jaar lank het ek julle deur die woestyn gelei sonder dat julle klere of sandale ooit verweer het.
Afrikaans 1933/1953 En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.
Afrikaans 1983 Ek het julle veertig jaar deur die woestyn gelei: julle klere het nie aan julle liggame verslyt en julle skoene het nie stukkend afgeval van julle voete af nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei. Julle klere aan julle lywe het nie verslyt nie. Jou sandale aan jou voete het ook nie verslyt nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: ‘Ek het julle 40 jaar lank deur die woestyn gelei. Julle klere en julle skoene het nie stukkend geword nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir 40 jaar het ek julle deur die woestyn gelei. Het julle nie agtergekom dat julle skoene nie uitgetrap raak en julle klere nie stukkend gaan nie?