Deuteronomy 29:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die HERE het julle tot vandag toe nie 'n hart gegee om te sien en oë om te sien en ore om te hoor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar tot vandag toe nog het die Here julle nie die verstand gegee om dit te verstaan, ook nie oë om te sien of ore om te hoor nie!
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE het julle nie 'n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.
Afrikaans 1983 En tog het die Here tot nou toe nie vir julle verstand gegee om te verstaan, oë om te sien en ore om te luister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tot vandag toe het die Here nie vir julle insig gegee om te verstaan nie, oë om te sien en ore om te hoor nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar tot nou toe het die Here nie vir julle gehelp om alles te verstaan wat julle gesien en gehoor het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar tot vandag toe het die Here nie vir julle verstand gegee sodat julle kan verstaan nie, of oë sodat julle kan sien of ore sodat julle kan hoor nie!