Deuteronomy 29:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het hulle uit hul land uitgeroei in toorn en in grimmigheid en in groot grimmigheid en hulle na 'n ander land gewerp, soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here was so woedend dat Hy sy volk uit die land geruk het en hulle in ballingskap in ’n ander land gaan gooi het, waar hulle vandag nog leef!’
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het hulle uit hulle land uitgeruk in toorn en in grimmigheid en in groot verbolgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na 'n ander land, soos dit vandag is.
Afrikaans 1983 Daarom het die Here in sy gloeiende toorn en in sy groot woede die mense uit hulle land geruk en in 'n ander land neergegooi. Hulle is nou nog daar.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het hulle in toorn en woede, in fel grimmigheid, van hulle grond af geruk en hulle weggewerp na 'n ander land, soos dit vandag is.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy was baie kwaad, Hy het hulle weggevat van hulle grond en Hy het hulle in 'n ander land laat woon, hulle is vandag nog daar.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here was so kwaad en ontsteld dat Hy die mense van hierdie land uit hulle land gegooi het. Hy het hierdie mense as gevangenes laat wegvoer na ver en vreemde lande. En dis waar hulle vandag nog leef.’