Deuteronomy 29:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die toorn van die HERE het ontvlam teen hierdie land, om daaroor te bring al die vloeke wat in hierdie boek geskrywe is.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is waarom die Here se woede teen hierdie land ontbrand het en hoekom Hy al die vervloekings wat in hierdie boek beskryf is, oor die land gebring het.
Afrikaans 1933/1953 daarom het die toorn van die HERE teen daardie land ontvlam om daaroor die hele vloek te bring wat in hierdie boek geskrywe is.
Afrikaans 1983 Daarom het die toorn van die Here teen hierdie land ontvlam en het Hy al die strawwe wat in hierdie boek opgeteken is, oor die land gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die toorn van die Here het ontbrand teen daardie land, sodat Hy al die vervloeking wat op hierdie boekrol geskryf staan, oor hulle gebring het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het kwaad geword en Hy het met die land alles laat gebeur wat Hy in hierdie boek gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis hoekom die Here so kwaad vir hulle geword het en hoekom Hy hulle land verwoes het. Hy het al die teëspoed oor hulle gebring waaroor Hy hulle in hierdie boek gewaarsku het.