Deuteronomy 29:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle het gegaan en ander gode gedien en hulle aanbid, gode wat hulle nie geken het nie en wat Hy nie aan hulle gegee het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ander, vreemde gode gaan dien en aanbid, gode wat hulle nie geken het nie en wat ook nie vir hulle bedoel was nie.
Afrikaans 1933/1953 en hulle ander gode gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode wat aan hulle nie bekend was nie, en wat Hy hulle nie toebedeel het nie,
Afrikaans 1983 Hulle het ander gode gaan dien en vereer, gode wat onbekend was aan hulle en nie vir hulle bestem was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het ander gode gaan dien en voor hulle in aanbidding gebuig – gode wat hulle nie geken het nie en wat Hy nie aan hulle toegewys het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ander gode gaan dien en hulle het voor die gode gebuig, gode wat hulle nie geken het nie en wat nie húlle gode was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het weggedraai van die Here en ander gode gaan dien.