Deuteronomy 29:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die mense sê: Omdat hulle die verbond van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle sal ingelig word: ‘Dit het gebeur omdat die volk van die land die verbond verbreek het wat die Here, die God van hulle voorouers, met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Egipte gelei het.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die verbond van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland uitgelei is,
Afrikaans 1983 Dan sal die antwoord wees: ‘Omdat die mense van hierdie land die verbond verbreek het wat die Here die God van hulle voorvaders met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Egipte laat wegtrek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense sal sê, ‘Dit is omdat hulle die verbond van die Here, die God van hulle voorouers, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die ander mense sal vir hulle sê: ‘Dit is omdat die mense van die land Israel die verbond gebreek het wat hulle God die Here met hulle gemaak het toe Hy hulle uit die land Egipte gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dan sal daar vir hulle gesê word: ‘Dit het gebeur omdat die inwoners van hierdie land die ooreenkoms geïgnoreer het wat hulle God met hulle gesluit het. Hulle het hulle nie gesteur aan wat hierdie ooreenkoms sê die Here van hulle verwag nie. Dit is hierdie God wat hulle uit Egipte gebring het, soos Hy hulle oupagrootjies belowe het Hy sal doen.