Deuteronomy 29:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs al die nasies sal sê: Waarom het die HERE so met hierdie land gedoen? wat beteken die hitte van hierdie groot toorn?
Afrikaans (NLV) 2011 Die naburige nasies sal vra: ‘Waarom het die Here so met hierdie land gemaak? Wat het Hom so kwaad gemaak?’
Afrikaans 1933/1953 en al die nasies sal sê: Waarom het die HERE so met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?
Afrikaans 1983 “Dan sal al die nasies vra: ‘Waarom het die Here dit met hierdie land gedoen? Waarom het hierdie groot toorn ontvlam?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, al die nasies sal vra, ‘Waarom het die Here so gemaak met hierdie land? Wat is die rede vir hierdie verskriklike siedende toorn?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense van ander volke sal vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie land? Hoekom was Hy so kwaad?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nasies wat rondom julle bly, sal dan vra: ‘Hoekom het die Here iets so verskrikliks met hierdie land gedoen? Wat het Hom so woedend gemaak dat Hy so opgetree het?’