Deuteronomy 29:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat die hele land daarvan swawel en sout en brandend is, dat dit nie gesaai of dra en dat daar geen gras daarin opgroei nie, soos die omverwerping van Sodom en Gomorra, Adma en Seboim wat die HERE in sy vernietiging omgekeer het en toorn en in sy toorn: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal vind dat die grond in swael en sout verander, met niks wat geplant kan word en niks wat kan groei nie, selfs nie eers ’n groen blaartjie nie. Dit sal net soos Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim wees wat die Here in sy woede vernietig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Seboim wat die HERE in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het -- |
| Afrikaans 1983 | ‘Die hele land is verbrand, dis swael en sout! Niemand saai daar nie, daar groei niks, daar kom nie eers 'n groenigheid op nie. Dit is verwoes soos Sodom en Gomorra, soos Adma en Sebojim wat deur die Here in sy gloeiende toorn verwoes is.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Dit is net swael en sout; die hele gebied is verskroei. Daar word nie geplant nie en niks groei daar nie; geen groenigheid kom eers op nie. Dit is soos met die verwoesting van Sodom en Gomorra, soos met Adma en Sebojim wat die Here in sy toorn en woede verwoes het.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Die hele land het verbrand, daar is net swael en sout, niemand saai daar iets nie, daar groei niks, daar is niks gras nie. Dit lyk soos die stede Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim, die Here het daardie stede verwoes toe Hy kwaad geword het vir daardie mense.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal sien dat die hele land afgebrand is. Al wat oorgebly het, is swael en sout. Alles in julle land is onvrugbaar. Niks wil groei nie. Nie eens gras kom meer op nie. Julle land sal soos Sodom en Gomorra wees, soos Adma en Sebojim. Die Here het mos hierdie stede verwoes toe die inwoners aangehou het om slegte dinge te doen. Hulle het nie ’n gedagte aan God gegee nie. Die Here het toe kwaad geword en hulle met wortel en tak uitgeroei. |