Deuteronomy 29:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal die toekomstige geslag van julle kinders wat ná julle sal opstaan, en die vreemdeling wat uit 'n ver land kom, sê, as hulle die plae van daardie land sien en die siektes wat die HERE daarop gelê het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan sal die geslagte wat kom, julle kinders wat ná julle kom, en die vreemdelinge wat van ver lande af kom, die verwoesting van die land en siektes sien wat die Here teen hierdie land stuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die volgende geslag, julle kinders wat njulle opstaan, en die uitlander wat uit 'n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die HERE daarin laat uitbreek het -- |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer die nageslag, julle kinders wat ná julle kom, en vreemdes wat van ver af kom, die plae in hierdie land sien en ook die siektes wat deur die Here daarin gebring word, sal hulle sê: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die volgende geslag, die kinders wat ná julle kom en die buitelanders uit 'n ver land, sal die plae van hierdie land en die siektes wat die Here daar laat uitbreek, sien; hulle sal sê, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die volgende geslag se mense, die kinders wat ná julle sal kom, en die mense van ander volke wat uit ver lande kom, sal sien wat in hierdie land gebeur het. Hulle sal sien hoe siek die Here almal gemaak het, en dan sal hulle sê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle kleinkinders en agterkleinkinders en vreemdelinge wat van ander lande af kom en later in hierdie land aankom, sal sien hoe verwoes julle land is. Hulle sal sien hoeveel siektes die Here teen die mense van hierdie land gebring het. |