Deuteronomy 29:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE sal hom tot onheil afsonder uit al die stamme van Israel, volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal hulle van al die stamme van Israel afsonder sodat al die rampe hom kan tref volgens die vervloekings van die verbond wat opgeskryf is in hierdie boek van die gebooie.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE sal hom tot sy ongeluk van al die stamme van Israel afskei volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.
Afrikaans 1983 Die Here sal hom van die ander stamme van Israel afsonder sodat rampe hom kan tref ooreenkomstig die verbond wat met 'n eed gesluit en in hierdie wet opgeteken is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal so iemand met die oog op die onheil afsonder van al die stamme van Israel, ooreenkomstig al die vervloekings van die verbond wat op hierdie boekrol met die wet geskryf staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal hom apart hou, weg van al die stamme van Israel, en dit sal sleg gaan met hom, so sleg soos die Here gesê het toe Hy die verbond gemaak het, die verbond wat in hierdie wetboek geskryf is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal hierdie mense eenkant sit, weg van die ander stamme van Israel se mense. Dan sal Hy hulle straf. Al die teëspoed waarvan hierdie boek vertel, sal oor hulle kom.