Deuteronomy 29:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal hom nie spaar nie, maar dan sal die toorn van die HERE en sy ywer teen daardie man rook, en al die vloeke wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom lê, en die HERE sal sy Naam onder die hemel uitdelg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal sulke mense nie vergewe nie. Sy woede en sy wrewel sal teen hulle opvlam. Al die vervloekings wat in hierdie boek beskryf is, sal oor hulle kom en die Here sal hulle name onder die hemel uitwis.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die toorn van die HERE en sy ywer teen die man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en die HERE sal sy naam onder die hemel uitdelg.
Afrikaans 1983 want die Here sal nie so iemand wil vergewe nie. Die toorn, die verontwaardiging van die Here, sal teen so iemand ontbrand en elke vloek wat in hierdie boek opgeteken is, sal hom tref. Die Here sal die herinnering aan so iemand van die aarde af wegvee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal die Here nie bereid wees om hom te vergewe nie. Nee, die toorn van die Here en sy ywer sal dan teen daardie man bly smeul, en elke vervloeking wat op hierdie •boekrol geskryf staan, sal op hom rus. Die Here sal sy naam onder die hemel uitwis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal die Here daardie persoon nie vergewe nie, want die Here sal baie kwaad wees vir hom, en dit sal baie sleg gaan met hom, so sleg soos dit in hierdie wetboek geskryf is. Die Here sal almal op die aarde laat vergeet dat daar so iemand was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal sulke mense nie verskoon nie. Hy sal woedend wees oor hulle slegte dade. Hy gee immers om vir sy mense. Hy het hulle so lief dat Hy hulle net vir Homself wil hê. Al die teëspoed en moeilikheid wat in hierdie boek opgeteken is, sal sulke mense tref. Die Here sal hulle vernietig. Niemand sal eens agterna weet dat daar sulke mense soos hulle was nie.