Deuteronomy 29:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe roep Moses die hele Israel en sê vir hulle: Julle het alles gesien wat die HERE voor julle oë in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het al die Israeliete bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle het met julle eie oë alles gesien wat die Here in Egipte aan die farao, aan al sy onderdane en die hele land gedoen het, |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat die HERE in Egipteland voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het, |
| Afrikaans 1983 | Moses het die hele Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle het self ondervind wat die Here alles voor julle oë met Egipte, met die farao en al sy amptenare en met sy hele land gedoen het: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het die hele Israel byeengeroep en vir hulle gesê: “Julle het self alles gesien wat die Here in Egipteland voor julle oë gedoen het aan die farao, aan al sy dienaars en aan sy hele land – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het al die Israeliete geroep en vir hulle gesê: “Julle het alles gesien wat die Here in die land Egipte gedoen het aan die farao en sy amptenare en sy hele land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Moses al die Israeliete bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle het mos met julle eie oë gesien wat die Here in Egipte aan die farao, die koning van Egipte, gedoen het. En ook aan die mense wat vir die farao werk en vir al die mense in daardie land. |