Deuteronomy 29:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hy die woorde van hierdie vloek hoor, seën hy homself in sy hart en sê: Ek sal vrede hê, al wandel ek in die verbeelding van my hart, om dronkenskap by dors te voeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat niemand van julle wat die waarskuwings van hierdie eed hoor, hulleself alte hoog ag en by hulleself dink: ‘Ek is veilig, selfs al hou ek aan om my eie harde kop te volg,’ nie. Dit sal net tot verwoesting lei. |
| Afrikaans 1933/1953 | en as hy die woorde van hierdie eedswering hoor, homself dan in sy hart gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel -- om so die bewaterde saam met die dorstige weg te ruk! |
| Afrikaans 1983 | kan hy homself dalk probeer gerusstel wanneer hy hierdie woorde hoor, en kan hy dalk sê: ‘Ek is veilig al volg ek my eie harde kop.’ Maar dit sal lei tot ellende en swaarkry, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Iemand sou homself in sy gedagtes as geseënd kon beskou by die aanhoor van die woorde van hierdie vervloeking en dink, dit sal met my goed gaan, al hou ek vol met my verstoktheid van hart. Sodat dit wat natgemaak is, nie saam met wat droog is, wegkwyn nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So iemand sal miskien hoor wat sal gebeur wanneer hy die verbond breek, maar hy is hardkoppig en hy sê: ‘Dit sal goed gaan met my, ek sal doen wat ek wil.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand wat vandag na my luister, moet dink dat hy nie kan afdwaal nie. Jy moenie gerus word en dink jy is op die regte pad nie. Jy moenie dink alles is reg nie, al loop jy jou eie pad en al doen jy net wat jy wil. Jy sal nie vrede hê nie. Nee, jy gaan vir seker vernietig word. Die Here sal jou straf. Jy sal baie swaarkry. |