Deuteronomy 29:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dat daar nie onder julle man of vrou of familie of stam sou wees wie se hart vandag van die HERE onse God afwyk om die gode van hierdie nasies te gaan dien nie; dat daar nie onder julle 'n wortel sou wees wat gal en als dra nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het sy verbond met julle gesluit sodat geen man, vrou, familie of stam onder julle van die Here julle God sal wegdraai om hierdie gode van die ander nasies te aanbid nie, en sodat daar geen wortel onder julle mag wees wat bitter en giftige vrugte dra nie.
Afrikaans 1933/1953 sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van die HERE onse God afwend om die gode van die nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en wilde-als dra nie,
Afrikaans 1983 Pas op dat daar nie dalk onder julle 'n man of 'n vrou, 'n familie of 'n stam is wat vandag afvallig word van die Here ons God en die gode van daardie nasies gaan dien nie. As daar so iemand is, so 'n gifwortel wat alles kan vergiftig,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het gebeur sodat daar by julle nie 'n man of 'n vrou of familie of stam sal wees wat vandag hulle harte van die Here ons God afwend om die gode van daardie nasies te gaan dien nie – ja, sodat daar onder julle geen wortel sal wees wat giftige plante en wildeals voortbring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar mag nie 'n man of 'n vrou of 'n familie of 'n stam wees wat vandag dink dat hulle wil weggaan van ons God die Here nie, hulle moenie dink dat hulle die gode van daardie volke sal gaan dien nie. As iemand dit dink, dan sal hy wees soos 'n wortel waaruit gifplante en wilde-als groei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here bepaal in hierdie ooreenkoms wat Hy vandag met jou sluit dat geen man of vrou of enige stam van Israel ooit mag wegdraai van die Here julle God om voor sulke afgode te gaan buig nie. Julle mag nie toelaat dat daar in julle midde ’n wortel opskiet wat ’n giftige vrug dra nie. Dit is wat sal gebeur as julle die ander nasies se afgode dien.