Deuteronomy 29:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat Hy jou vandag as 'n volk vir Hom kan bevestig en vir jou 'n God kan wees, soos Hy aan jou gesê het en soos Hy aan jou vaders, aan Abraham, aan Isak en aan Jakob met 'n eed beloof het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy wil dit vandag bo alle twyfel stel dat julle sy volk is en dat Hy julle God is, net soos Hy dit aan julle voorouers Abraham, Isak en Jakob belowe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig en vir jou 'n God kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het. |
| Afrikaans 1983 | sodat Hy julle vandag sy volk kan maak en Hy julle God kan word, soos Hy julle beloof het en soos Hy met 'n eed beloof het aan julle voorvaders, Abraham, Isak en Jakob. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat Hy jou vandag as sy volk kan vestig, en Hy vir jou 'n God kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy dit met 'n eed beloof het aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle staan hier omdat die Here vandag wil sê dat julle sy volk is en dat Hy julle God is soos Hy gesê het en soos Hy belowe het vir julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy wil julle vandag as sy eie volk aanneem. Hy wil julle God wees. Hy het immers belowe dat Hy dit sal doen. Ja, Hy het al vir Abraham en Isak en Jakob belowe dat Hy dit gaan doen. |