Deuteronomy 29:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat jy 'n verbond moet sluit met die HERE jou God en in sy eed wat die HERE jou God vandag met jou sluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle staan vandag hier om met die Here julle God ’n verbond te sluit. Die Here sluit hierdie verbond met julle en Hy verseël dit met ’n eed. |
| Afrikaans 1933/1953 | om oor te gaan in die verbond van die HERE jou God -- en in sy eedswering -- wat die HERE jou God vandag met jou sluit; |
| Afrikaans 1983 | Julle staan hier sodat julle deel kan kry aan die verbond van die Here julle God wat Hy vandag onder eed met julle sluit, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om toe te tree tot die verbond van die Here jou God wat die Here jou God vandag met jou gaan sluit, en ook die vervloeking daaraan verbonde, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle staan hier om 'n verbond te maak met julle God die Here en om te hoor wat die Here sê. Hy sal sê wat met julle sal gebeur as julle die verbond breek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle staan vandag hier om ’n ooreenkoms met die Here julle God aan te gaan. Die Here sluit hierdie ooreenkoms vandag met julle. Hy belowe dat Hy sal doen wat Hy in die ooreenkoms onderneem om te doen. |