Deuteronomy 29:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle staan vandag almal voor die aangesig van die HERE julle God; jou owerstes van jou stamme, jou oudstes en jou dienaars, saam met al die manne van Israel, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal van julle, stamleiers, regters, amptenare, en die hele Israel, staan vandag hier voor die Here julle God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle staan vandag almal voor die aangesig van die HERE julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters -- al die manne van Israel; |
| Afrikaans 1983 | Julle staan vandag almal in die teenwoordigheid van die Here julle God. Julle is almal hier: hoofde, stamme, leiers, beamptes, elke Israeliet, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle staan vandag almal in die teenwoordigheid van die Here julle God – julle hoofde, julle stamhoofde, julle oudstes en julle opsieners, elke Israeliet, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle staan vandag almal voor julle God die Here. Julle hoofde, julle stamleiers, julle ander leiers en voormanne, elke man van Israel, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle staan vandag almal voor die Here julle God. Julle leiers en julle landdroste en julle offisiere, almal wat aan Israel behoort, is hier. |