Deuteronomy 29:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die woorde van die verbond wat die HERE Moses beveel het om met die kinders van Israel in die land Moab te sluit, behalwe die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die bepalings van die verbond wat die Here vir Moses beveel het om met die Israeliete te maak terwyl hulle in die land Moab was. Dit is bo en behalwe die verbond wat Hy met hulle by Sinaiberg gemaak het.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die woorde van die verbond wat die HERE Moses beveel het om met die kinders van Israel te sluit in die land Moab, behalwe die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.
Afrikaans 1983 Behalwe die verbond wat Moses by Horeb met die Israeliete gesluit het, het hy op bevel van die Here ook in Moab 'n verbond met hulle gesluit. Hier volg die inhoud daarvan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die bepalings van die verbond wat die Here Moses beveel het om met die Israeliete te sluit in die land Moab, afgesien van die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het by Horeb-berg 'n verbond gemaak met die Israeliete. Maar die Here het vir Moses gesê hy moet ook in die land Moab 'n verbond maak met die Israeliete. Hier is die woorde van die verbond:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is alles wat die Here Moses beveel het om vir die Israeliete te vertel, alles wat Hy wil hê hulle moet doen. Die Israeliete was toe in die land Moab. Hy het hulle hierdie opdragte gegee saam met die ander opdragte wat Hy by Horeb vir hulle gegee het.