Deuteronomy 28:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skatkamers en in alles waaraan jy jou hand slaan; en hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal jou seën in alles wat jy doen en Hy sal jou graanskure vol maak met graan. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die Here sal vir jou seën stuur – in jou graanskure en in alles waaraan jy jou hand waag. Ja, die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy vir jou gaan gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle stoorkamers vol laat word, dit sal goed gaan met alles wat julle doen. Julle God die Here sal julle seën in die land wat Hy vir julle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sal jou voorspoedig maak in alles wat jy doen. Jy sal nie genoeg skure hê om alles op te gaar wat Hy vir jou gaan gee nie. Die Here jou God sal jou voorspoedig maak in die land wat Hy vir jou gee. |