Deuteronomy 28:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou aangesig verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here sal jou vyande oorwin wanneer hulle jou aanval. Hulle sal jou vanuit een rigting aanval, maar hulle sal in sewe rigtings wegvlug.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
Afrikaans 1983 “Die Here sal jou vyande wat jou aanval, vir jou laat vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings voor jou uit vlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan. Met een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie sal hulle voor jou uit vlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal julle vyande laat verloor wanneer hulle vir julle aanval. Hulle sal op een pad kom om julle aan te val, maar hulle sal op sewe paaie wegvlug van julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here sal jou vyande doodmaak as hulle besluit om jou aan te val. Hulle sal uit een rigting kom om jou aan te val, maar hulle sal in sewe rigtings weghardloop!