Deuteronomy 28:68 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal jou met skepe na Egipte terugbring op die pad waarvan Ek met jou gesê het: Jy sal dit nie meer sien nie; en daar sal julle aan julle vyande verkoop word as slawe en slavinne, en niemand sal julle koop nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan sal die Here jou na Egipte toe terugstuur met skepe, ’n reis waarvan ek jou gesê het dat jy dit nooit weer sal onderneem nie. Daar sal julle julleself aanbied om as slawe aan jou vyande verkoop te word, maar niemand sal belangstel om jou te koop nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here sal jou met die pad waarvan ek vir jou gesê het jy sal dit nie meer sien nie, terugvat Egipte toe in groot ellende. Daar sal julle julleself aan jou vyande as slawe en slavinne te koop aanbied, maar daar sal nie 'n koper wees nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal jou na Egipte laat terugkeer in skepe, die pad waarvan ek vir jou gesê het, ‘Jy sal dit nooit weer sien nie.’ Daar sal julle julleself as slawe en slavinne te koop aanbied aan jou vyande, maar daar sal geen koper wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle op skepe terugneem na Egipte. Ek het voorheen gesê julle sal nie weer daardie land sien nie. Julle sal daar probeer om julleself te verkoop aan julle vyande om hulle slawe en slavinne te wees, maar niemand sal vir julle wil koop nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal die Here jou terugstuur na Egipte. Hy het belowe dat jy nooit weer na die groot ellende van Egipte sal teruggaan nie. Maar jy sal gaan en daar sal hulle julle aan mense probeer verkoop wat julle hard sal laat werk, maar nooit vir julle enige betaling sal gee nie. Maar daar sal nie eens iemand wees wat belang sal stel om julle te koop nie.” |