Deuteronomy 28:67 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die môre moet jy sê: Ag, dit was aand! en teen die aand moet jy sê: Ag, dit was môre! oor die vrees van jou hart waarmee jy vrees, en oor die aanblik van jou oë wat jy sal sien.
Afrikaans (NLV) 2011 “In die oggend sal jy wil sê: ‘As dit maar net aand wil word!’ In die aand sal jy wil sê: ‘As dit maar net oggend wil word!’ Jy sal dit sê as gevolg van die verskriklike dinge wat jy rondom jou sal sien.
Afrikaans 1933/1953 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! -- vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
Afrikaans 1983 In die môre sal jy sê: ‘Was dit maar aand!’ en in die aand sal jy sê: ‘Was dit maar môre!’ so vol vrees sal jy wees en sulke vreeslike dinge sal jy belewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor die vrees waarmee jy in jou hart leef en oor die toneel wat hom voor jou oë afspeel, sal jy in die oggend sê, ‘Ag, was dit maar aand!’ En teen die aand sal jy sê, ‘Ag, was dit maar oggend!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die oggend sal jy sê: ‘Ek wens dit was aand,’ en in die aand sal jy sê: ‘Ek wens dit was oggend.’ Jy sal dit doen omdat jy bang is, en omdat jy baie slegte dinge sal sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die oggend sal julle wens dat dit al aand is. En in die aand sal julle wens dat dit al weer môre is. Julle sal wens die tyd gaan verby omdat al wat julle heeldag sien, net moeilikhede en probleme is. Dit is die vreeslikste dinge wat oor jou sal kom.