Deuteronomy 28:66 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jou lewe sal voor jou in twyfel hang; en jy sal dag en nag vrees en geen sekerheid van jou lewe hê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy sal in voortdurende twyfel lewe. Jy sal dag en nag bang wees, met geen rede om te glo dat jy die volgende oggend sal sien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jou lewe sal voor jou aan 'n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Jou lewe sal aan 'n draadjie hang, jy sal dag en nag in vrees lewe, jy sal jou lewe lank onveilig wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou lewe sal voor jou aan 'n draadjie hang; jy sal dag en nag in vrees leef en nie jou lewe seker wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sal elke nag en elke dag dink dat jou lewe verby is, jy sal bang wees en jy sal nie weet of jy môre nog sal lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal nie weet of julle môre nog gaan leef nie. Julle sal dag en nag bang wees. Niks sal vir julle hoop bring nie. Julle sal twyfel of julle môre gaan sien. |