Deuteronomy 28:65 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En onder hierdie nasies sal jy geen rus vind nie, en jou voetsool sal geen rus hê nie; maar die HERE sal jou daar 'n bewende hart en verswakte oë en droefheid van gemoed gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar tussen die nasies sal daar vir jou geen plek van sekerheid of rus wees nie. Die Here sal jou hart laat bewe van angs, jou oë sal swak word en jy sal wanhoop aan die lewe.
Afrikaans 1933/1953 En onder die nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar 'n bewende hart gee en smagtende oë en 'n kwynende siel.
Afrikaans 1983 Onder daardie nasies sal jy nie vrede vind nie, nie eers 'n rusplek vir jou voete nie. Die Here sal jou daar 'n hart vol angs gee, oë wat ingee, 'n lewe wat wegkwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By daardie nasies sal jy nie rus vind nie. Daar sal nie 'n rusplek vir jou voetsool wees nie. Die Here sal daar vir jou 'n hart vol angs, kwynende oë en 'n lewe van wanhoop gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal nie vir jou lekker wees tussen daardie volke nie, jy sal nooit kan rus nie. Die Here sal jou hart laat bewe, jou oë sal elke dag minder sien, en jou gees sal elke dag meer en meer moeg word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tussen daardie mense sal julle nooit veilig wees nie. Die Here sal maak dat julle heeldag bang en benoud sal wees. Julle oë sal ingee en swak word. En julle sal so wanhopig word dat julle nie meer kans sien om die toekoms in te gaan nie.