Deuteronomy 28:64 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot die ander einde; en daar moet jy ander gode dien wat jy en jou vaders nie geken het nie, hout en klip. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal julle tussen al die nasies, van die een kant van die aarde tot die ander kant toe, uitstrooi. Daar sal julle vreemde gode aanbid, gode wat nie jy of jou voorouers geken het nie, gode wat van hout en klip gemaak is! |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal jou verstrooi onder al die volke, oor die hele aarde. Daar sal jy ander gode dien wat jy en jou voorvaders nie geken het nie, gode van hout en klip. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die Here sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde. Daar sal jy ander gode dien, hout en klip, wat jy of jou voorouers nie geken het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle na al die kante toe jaag tussen al die ander volke in, van die een kant van die aarde tot die ander kant. Daar sal julle ander gode dien, gode wat julle en julle voorvaders nie geken het nie, gode van hout en klip. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal jou uit daardie land wegvat en jou oor al die lande wat daar op die aarde is, verstrooi. In daardie vreemde lande sal julle vreemde gode moet aanbid waarvan julle en julle oupas nog nie eens gehoor het nie. Daardie mense se gode is van hout en klip gemaak. |