Deuteronomy 28:63 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En soos die HERE hom oor jou verbly het om aan jou goed te doen en jou te vermeerder; daarom sal die HERE oor jou bly wees om jou te vernietig en jou te vernietig; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Net soos die Here vreugde daarin gevind het om julle te help om voorspoedig en baie te word, sal die Here daarin vreugde vind om julle te vernietig totdat julle verdwyn uit die land wat julle nou binnegaan en in besit neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. |
| Afrikaans 1983 | “Soos die Here jou God Hom oor julle verbly het toe Hy aan julle goed gedoen en julle baie gemaak het, so sal Hy Hom verbly wanneer Hy julle tot niet maak en julle uitroei. Julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos die Here daarin vreugde gevind het om julle goed te behandel en julle te laat vermeerder, so sal Hy vreugde daarin vind om julle tot niet te maak en julle uit te delg. Julle sal weggeruk word van die grond waarheen jy op pad is om dit in besit te neem, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was lekker vir die Here om goed te doen aan julle en om julle baie te laat word. Dit sal ook vir Hom lekker wees om julle almal te laat sterf en te laat verdwyn. Hy sal julle wegvat uit die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vroeër was dit vir die Here lekker om jou te help. Hy het dit geniet om goed aan jou te doen. Jy het voorspoed beleef en jou volk het groot geword. Maar nou sal dit vir die Here lekker wees om jou te vernietig. Jy sal verdwyn uit die land waar jy nou gaan bly. |