Deuteronomy 28:62 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle sal min in getal oorbly, terwyl julle in menigte soos die sterre van die hemel was; omdat jy nie na die stem van die HERE jou God geluister het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Al is julle so baie soos die sterre in die lug, sal daar min van julle oorbly omdat julle nie wou luister na die Here julle God nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie. |
| Afrikaans 1983 | “Julle was so baie soos die sterre aan die hemelruim, maar daar sal net 'n klompie van julle oorbly omdat jy nie die Here jou God gehoorsaam het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “In plaas daarvan dat julle so baie soos die sterre aan die hemelruim is, sal daar min van julle oorbly, omdat jy nie na die stem van die Here jou God geluister het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle was voorheen so baie soos die sterre in die lug, maar min van julle sal aanhou lewe, want julle was nie gehoorsaam aan julle God die Here nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs al is jou mense so baie soos die sterre in die hemel, sal daar baie min van hulle oorleef omdat jy nie wou luister toe die Here jou God met jou gepraat het nie. |