Deuteronomy 28:61 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook elke siekte en elke plaag wat nie in die boek van hierdie wet geskrywe is nie, dit sal die HERE oor jou bring totdat jy verdelg is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal elke siekte en plaag wat daar is oor jou bring, selfs dié wat nie in hierdie wetboek genoem word nie, totdat jy vernietig is.
Afrikaans 1933/1953 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
Afrikaans 1983 Die Here sal ook al die siektes en rampe wat nie in hierdie wetboek genoem is nie, oor jou laat kom totdat Hy jou uitgeroei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook elke siekte en elke plaag wat nie geskryf staan in die boekrol met hierdie wet nie, sal die Here oor jou bring totdat jy uitgedelg is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal ook die siektes na julle toe bring waaroor nie geskryf is in hierdie wetboek nie. Die Here sal die siektes na julle toe bring totdat julle almal gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal elke siekte en plaag wat daar op aarde is, gebruik om jou lewe in hel te verander. Selfs die siektes wat nie in hierdie boek genoem word nie, sal jou tref. Dit sal aanhou totdat jy later heeltemal uitgeroei is.