Deuteronomy 28:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En oor haar kleintjie wat tussen haar voete uitkom, en oor haar kinders wat sy sal baar; want sy sal hulle by gebrek aan alles heimlik eet in die beleëring en benoudheid waarmee jou vyand jou in jou poorte in benoudheid sal bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy sal die nageboorte en die baba waaraan sy geboorte gegee het, wegsteek sodat sy dit in die geheim kan eet. Sy sal niks anders hê om te eet gedurende die beleëring en die verskriklike nood wat jou vyand oor al die stede sal bring nie.
Afrikaans 1933/1953 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.
Afrikaans 1983 van die nageboorte of van die vleis van haar kinders wat sy in die wêreld gebring het nie. Sy sal alles in die geheim opeet, so honger sal sy wees. Dit sal gebeur wanneer jou vyand jou beleër en jou laat swaarkry in al jou stede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ook haar nageboorte wat uit haar liggaam kom en haar kinders wat sy kry; want sy sal hulle, by gebrek aan alles, in die geheim eet tydens die beleg en midde-in die angs waarmee jou vyand jou gaan teister in jou stadspoorte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy sal die kinders eet wat sy gekry het, en alles wat saam met die kind uit haar gekom het, sy sal dit eet waar niemand anders dit kan sien nie, want dit sal al wees wat sy het nadat julle vyande die stede aangeval het van al die kante en nadat die vyande julle laat swaarkry het in al die stede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy sal haar nageboorte en haar pasgebore baba wegsteek sodat hulle dit nie saam met haar kan eet nie. Sy sal die baba eet waar niemand haar kan sien nie. Sy sal niks anders hê om te eet in hierdie tyd wanneer julle vyande julle stede aanval en julle van die honger doodgaan nie.”