Deuteronomy 28:55 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat hy aan niemand van hulle van die vleis van sy kinders wat hy sal eet, sal gee nie, omdat hy hom niks oor het in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyande jou in al jou poorte in benoudheid sal bring nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal vir nie een van hulle gee van die vleis van sy eie kinders wat hy besig is om te eet nie. Dit is al wat hy sal oorhê as gevolg van die lyding wat die vyand gedurende die beleëring van al die stede sal meebring.
Afrikaans 1933/1953 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
Afrikaans 1983 Hy sal vir nie een van hulle die vleis van sy eie kinders gee wat hy eet nie, want dan hou hy niks vir homself oor nie. Dit is wat sal gebeur wanneer jou vyand jou beleër en jou laat swaarkry in al jou stede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sonder om vir een van hulle iets te gee van die vleis van sy kinders wat hy eet, omdat daar vir hom niks anders oor is nie, tydens die beleg en midde-in die angs waarmee jou vyand jou gaan teister in al jou stadspoorte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal die vleis van sy kinders eet en hy sal nie vir een van julle 'n stukkie daarvan gee nie, want dit is al wat hy sal hê nadat julle vyande die stede aangeval het van al die kante, en nadat hulle vir julle laat swaarkry het in al die stede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal weier om vir hulle ’n stukkie te gee van die vleis wat hy eet; die vleis van sy eie kinders. Hy sal baie honger wees en hy sal niks anders hê om te eet in hierdie tyd nie.