Deuteronomy 28:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat die man wat teer is onder julle en baie deernis, sy oog sleg sal wees vir sy broer en oor die vrou van sy boesem en oor die oorblyfsel van sy kinders wat hy sal agterlaat, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sagste man onder julle sal geen simpatie hê met sy eie broer of sy geliefde vrou of sy kinders wat nog lewe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die vertroetelde en baie verw,nde man by jou -- sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk; |
| Afrikaans 1983 | Selfs die sagste en mees verfynde man by jou sal niks omgee vir sy broer of sy lieflingvrou of sy kind wat nog lewe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die saggeaarde en besonder fynbesnaarde man by jou, sal sy eie broer, sy geliefde vrou en die res van sy kinders wat hy nog oor het, onderlangs aankyk, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man wat 'n sagte hart en mooi maniere het, sal ook wreed wees teen sy broer en teen die vrou vir wie hy lief is en teen sy kinders wat nog lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die saggeaardste man onder julle sal dan nie omgee vir sy eie broer of vir sy vrou wat hy baie liefhet, of vir sy kinders wat nog leef nie. |