Deuteronomy 28:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die vrug van jou eie liggaam eet, die vleis van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyande jou benoud sal maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die beleg sal so erg wees dat jy die vleis van jou eie seuns en dogters wat die Here jou God aan jou gegee het, sal eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jou vyand jou beleër en jou laat swaarkry, sal jy die vleis van jou eie kinders eet, jou seuns en dogters wat deur die Here jou God aan jou gegee is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tydens die beleg en midde-in die angs waarmee jou vyand jou gaan teister, sal jy die vrug van die moederskoot eet, die vleis van jou seuns en jou dogters wat die Here jou God vir jou gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer die vyande jou aanval van al die kante en wanneer hulle jou baie swaar laat kry, dan sal jy jou eie kinders eet, jy sal die vleis eet van jou seuns en dogters wat die Here vir jou gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle om jou stede saamtrek sodat jy nie kan ingaan of uitgaan nie, sal die kos later opraak. Dit sal dan so sleg gaan dat julle julle eie seuns en dogters sal moet eet om te oorleef. Dit is die seuns en dogters wat die Here vir julle gegee het. |