Deuteronomy 28:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sal jou beleër in al jou poorte totdat jou hoë en omheinde mure waarop jy vertrou het, in jou hele land afsak; en hy sal jou beleër in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal jou stede beleër totdat al die versterkte mure in jou land, die mure wat jou moes beskerm, afgebreek is. Hulle sal al die dorpe in die land aanval wat die Here jou God vir jou gegee het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.
Afrikaans 1983 “Hy sal jou in al jou stede beleër totdat jou hoë stadsmure en jou vestings waarop jy staatmaak, dwarsdeur jou land afgebreek is. Hy sal jou beleër in al die stede van jou hele land wat deur die Here jou God aan jou gegee is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal jou beleër in al jou stadspoorte, totdat jou hoë, versterkte stadsmure waarop jy vertrou, oral in jou hele land intuimel. Ja, hy sal jou beleër in al jou stadspoorte in jou hele land wat die Here jou God vir jou gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal jou aanval van al die kante, in al jou stede en oral in die land wat jou God die Here vir jou gegee het. Hulle sal dit doen totdat die hoë en sterk mure omgeval het, die mure wat jy gedink het sal jou beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hulle sal jou stede aanval tot hulle al die mure om die stede afgebreek het. Jy het mos gedink jy is veilig omdat daar sulke hoë mure om jou stede is! Wel, daar sal nie ’n enkele stad bly staan in die land wat die Here vir jou gegee het om in te woon nie.