Deuteronomy 28:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal die vrugte van jou vee en die vrugte van jou land eet totdat jy verdelg is; hy het jou vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy leërs sal jou diere en die oes op jou lande verteer en jy sal van honger doodgaan. Hulle sal vir jou geen graan of wyn, olyfolie, kalwers of lammers laat oorbly totdat hulle jou ook heeltemal vernietig het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal die aanteel van jou vee en die opbrengs van jou land opeet totdat hy jou uitgeroei het. Hy sal nie vir jou koring of wyn of olie laat oorbly nie, ook nie van die aanteel van jou grootvee en jou kleinvee nie. Jou vyand sal dit doen totdat hy jou ondergang bewerk het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie nasie sal die vrug van jou vee en die vrug van jou grond verslind, totdat jy uitgedelg is; ja, hy sal vir jou nie koring, •nuwe wyn en olie, kalwers of lammers laat oorbly nie, totdat hy jou vernietig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie volk sal jou kalwers en lammers, jou koring en vrugte op-eet. Hulle sal aanhou totdat jy gesterf het. Hulle sal niks koring of wyn of olyf-olie vir jou laat oorbly nie, niks kalwers of lammers nie, hulle sal dit doen totdat jy sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle soldate sal so baie wees dat hulle al jou vee en al jou oeste nodig sal hê om te eet. En jy sal van honger doodgaan. As hulle met jou klaar is, sal jy niks nuwe wyn of olyfolie of kalwers of lammers oorhê nie. Hulle sal jou vernietig. |