Deuteronomy 28:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal 'n nasie teen jou bring van ver af, van die einde van die aarde af, so vinnig soos 'n arend vlieg; 'n nasie wie se tong jy nie sal verstaan nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here sal ’n nasie van ver af, van die einde van die aarde af, teen jou bring. Hy sal soos ’n arend neerswiep op jou. Dit is ’n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
Afrikaans 1933/1953 Die HERE sal teen jou 'n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos 'n arend vlieg -- 'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
Afrikaans 1983 Die Here sal van ver af 'n nasie teen jou laat opruk. Hy sal van die uithoeke van die aarde af kom, vinnig soos 'n arend wat vlieg. Dit sal 'n nasie wees wie se taal jy nie verstaan nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal teen jou 'n nasie bring, van ver, van die einde van die aarde af, wat afduik soos 'n arend, 'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal 'n ander volk bring om oorlog te maak teen jou, 'n volk van 'n land wat baie ver weg is van jou. Die vyand sal op jou afkom soos 'n arend uit die lug. Jy sal nie hulle taal ken nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here sal ’n nasie van ver af bring om teen jou te veg. Hulle sal skielik op jou toesak soos ’n arend wat uit die lug uit op sy prooi afduik. Jy sal hierdie nasie se taal nie verstaan nie.