Deuteronomy 28:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet jy jou vyande dien wat die HERE teen jou sal stuur, in honger en dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en Hy sal 'n ysterjuk op jou nek lê totdat Hy jou vernietig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal jy jou vyande dien wat die Here jou God teen jou sal stuur. Jy sal honger, dors en kaal gelaat word en in alles gebrek ly. Hulle sal jou wreed onderdruk totdat jy vernietig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het. |
| Afrikaans 1983 | sal jy jou vyande wat deur die Here teen jou gestuur sal word, moet dien. Jy sal dit doen terwyl jy honger en dors en sonder klere is en gebrek ly, en jou vyand sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou uitgeroei het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal jy jou vyande wat die Here teen jou uitstuur, dien te midde van hongersnood en dors, en in naaktheid en volslae gebrek. En jou vyand sal 'n ysterjuk op jou nek sit, totdat hy jou uitgedelg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal jy jou vyande dien, die Here sal hulle na jou toe stuur. Jy sal hulle dien terwyl jy honger en dors is, jy sal kaal wees en jy sal niks hê nie. Die Here sal 'n yster- juk op jou nek sit totdat Hy jou laat sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sal jy vir jou vyande moet werk. Die Here sal hulle teen jou stuur. Jy sal honger en dors wees en sonder klere. Jy sal niks hê wat jy nodig het nie. Jou vyande sal jou sleg behandel totdat jy uiteindelik vernietig is en daar niks van jou oorbly nie. |