Deuteronomy 28:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is; omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te onderhou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Al hierdie vervloekings sal jou agtervolg, inhaal en vernietig as jy weier om na die Here jou God te luister en nie die bevele en voorskrifte gehoorsaam wat Hy aan jou gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie; |
| Afrikaans 1983 | Al hierdie strawwe sal oor jou kom. Hulle sal jou tref en by jou bly totdat jy uitgeroei is, omdat jy nie na die opdrag van die Here jou God geluister het nie en nie sy gebooie en voorskrifte wat Hy jou gegee het, gehoorsaam het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Al hierdie vloeke sal oor jou kom, jou volg en jou inhaal, totdat jy uitgedelg is, omdat jy nie na die stem van die Here jou God geluister het deur sy gebooie en vaste voorskrifte wat Hy vir jou voorgeskryf het, na te kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al hierdie slegte dinge sal met julle gebeur, en die slegte dinge sal aanhou totdat julle almal gesterf het. Hoekom? Omdat julle nie gehoorsaam was aan julle God die Here nie, en omdat julle nie gedoen het wat die wette sê wat Hy vir julle gegee het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As jy weier om te doen wat die Here jou God vir jou sê en jy luister nie na wat Hy jou beveel nie, sal al hierdie teëspoed oor jou kom. Moeilikheid sal jou vernietig. |