Deuteronomy 28:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vreemdeling wat binne-in jou is, sal baie hoog bo jou opklim; en jy sal baie laag afkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vreemdelinge wat tussen julle woon, sal al sterker en sterker word, terwyl jy al hoe swakker en swakker sal word.
Afrikaans 1933/1953 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.
Afrikaans 1983 Die vreemdeling wat by jou woon, sal meer en meer kry, en jy sal agteruitboer en minder en minder hê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die •vreemdeling wat by jou is, sal bo jou uitstyg, al hoër en hoër; en jy sal daal, al laer en laer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vreemdelinge by jou sal belangriker word as jy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vreemdelinge wat tussen jou bly, sal sterker word as jy en hulle sal meer besittings hê as jy. Maar jy sal al swakker en swakker word.