Deuteronomy 28:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Olyfbome sal jy hê in al jou grondgebiede, maar jy mag jou nie met die olie salf nie; want jou olyf sal sy vrugte gooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal oral in jou land olyfbome hê, maar jy sal nooit olyfolie daarvan kan maak nie, want die olywe sal voor die tyd al afval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval. |
| Afrikaans 1983 | Oral in jou grondgebied sal jy olyfbome hê, maar jy sal jou liggaam nie met hulle olie versorg nie, want die olywe sal afval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal olyfbome hê in jou hele grondgebied, maar olie sal jy nie aan jou smeer nie; want jou olywe sal afval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sal olyfbome oral in jou land hê, maar jy sal nie olyf-olie hê om aan jou te smeer nie, want die olywe sal afval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy sal reg oor jou land olyfbome plant, maar jy sal nooit die olyfolie self kan gebruik nie, want die bome sal hulle vrugte afgooi net voor dit ryp word. |