Deuteronomy 28:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy sal 'n verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot word onder al die nasies waarheen die HERE jou sal lei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal verbasing uitlok, ’n spreekwoord en ’n bespotting word onder die nasies waarheen die Here jou sal stuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal jy wees tot 'n spot en 'n skimp onder al die volke na wie toe die Here jou sal bring, iets waarvoor hulle sal skrik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal 'n skrikbeeld, 'n spreuk en 'n spotnaam word by al die volke waarheen die Here jou verdryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal jou na ander volke toe neem, en al daardie volke sal skrik wanneer hulle jou sien, hulle sal praat oor jou en hulle sal jou spot. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense sal skrik as hulle van jou hoor. Hulle sal spot met jou. Die mense wat in daardie ver land bly, sal nie kan glo dat die Here dit so sleg met julle laat gaan het nie. Hulle sal vir julle lag. |