Deuteronomy 28:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die vrug van jou land en al jou arbeid sal 'n nasie wat jy nie ken nie, opeet; en jy sal altyddeur net verdruk en verbrysel word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Vreemde nasie van wie jy nog nooit gehoor het nie, sal die opbrengs van jou land opeet waaraan jy so hard gewerk het. Jy sal ly onder aanhoudende onderdrukking en swaarkry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die vrugte van jou land en al jou werk sal 'n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word. |
| Afrikaans 1983 | 'n Volk wat jy nie ken nie, sal die opbrengs eet van jou lande en alles waarvoor jy jou afsloof. Daar sal deurentyd net verdrukking en swaarkry vir jou wees, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vrug van jou grond, ja, al jou moeitevolle arbeid – 'n volk wat jy nie ken nie, sal dit verslind. Jy sal die hele tyd net verdruk en mishandel word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat jy nie ken nie, sal alles eet wat jy geplant het en wat jy oes, alles waarvoor jy gewerk het. Hulle sal aanhou om jou te laat swaarkry en om jou te verdruk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “’n Vreemde nasie van wie jy nog nooit gehoor het nie, sal die oeste opeet waaraan jy so hard gewerk het en wat jou so baie geld gekos het. Hulle sal jou aanhoudend sleg behandel en jou verdruk. |